MA-KOS – RESEPTE – AFRIKAANS

R180.00

Compare

Description

LIZELLE JACOBS

“MA-KOS” – Resepte – Afrikaans

SAGTEBAND – GEKRAM

Sorted Publishing ©

43 RESEPTE deur Lizelle Jacobs

In die 21 jaar wat ek getroud was, het ek 22995 etes vir my gesin gekook. Nou praat ek net van die standaard drie etes per dag. Dit is nie die tussenin etes vir boere van die kontrei en verkoopsmanne van alle aard boerebenodighede, wat net na brêkfis of middagete op die plaas aangekom het en nog nie nat of droog oor hulle lippe gehad het nie! Nee, net die nodige drie etes. In die 20 jaar wat ek geskei is, het ek, teen gemiddeld twee etes per dag, 14600 borde kos gekook. TOTAAL: 37595 etes! Net ek. Nie met helpers, soos in ’n hotel of lodge, wat groente skil en nog wat nie. Net ek.

Ek het amper my sinne verloor toe ek die eerste keer díe som maak! Hoe het ek daar deurgekom?! Ek wat geensins opgewonde raak oor die voorbereiding van ’n ete nie! Dit is en was vir my nog altyd werk! ’n Plig wat nagekom moet word. ’n Plig as toegewyde moeder en eggenote. ’n Plig, want mens moet eet.

Al wat ek kan dink, is dat my musiek my daardeur gedra het. As ek moet kook, sit ek my musiek  kliphard aan, en sing en dans voor die kospotte! Ag, ’n beter show kan geen sanger van formaat  opsit nie! En voor jy kan sê vleis, boontjies, aartappel en rys, is my ete klaar gekook!

Ek is nie ’n Gourmet Cuisine kok nie! Mooi en min kos met ’n sousie, is nie kos nie en is nie lekker  nie! Dis ’n ding wat van oorsee af oorgewaai het. ’n Verskriklike goedkoop manier van kos maak, wat teen helse pryse aan grênd fools verkoop word. Nee, só ’n kok is ek nie, maar met die nodige paar jaar se ondervinding agter die blad, kwalifiseer ek beslis as een of ander kok!

Ek kry nie ’n fênsie naam wat my kokskap kan beskryf nie. Ek is sommer net ’n lekker kook kok en ’n maklike kook kok.

Met hierdie kookboek kan enige mens, van beginners tot voosgekooktes, kook vir ’n koning en sing en dans om die kospotte!

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “MA-KOS – RESEPTE – AFRIKAANS”

Your email address will not be published. Required fields are marked *